Lethemba Care Projects het sy eerste bestaansjaar in Vredenburg Sondag 28 April met groot fanfare gevier. Volgens Gereldo Pieters, stigter van die organisasie, was die dag ’n groot sukses. ’n Erediens is die oggend by Sharon Pentecostal Ministries (Pastor Aubrey Makok) gehou, waar die vrywilligers ook sertifikate van waardering vir hul werk in 2023 ontvang het. Die dag is met ’n dankseggingskonsert afgesluit waar plaaslike kunstenaars en bekendes op die verhoog was. Pieters bedank al die vrywilligers, rolspelers, skenkers en die breë gemeenskap van Vredenburg en die Weskus vir hul ondersteuning. As jy enige skenking wil gee om die programme te bevorder, kontak Pieters by 083 766 4922. Foto: Romano Daniels


Omgeegroep verjaar

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article