Die vroue van “We Care” – Marilyn Goeieman, Maryna van Heerden, Lekaida Jordaan, Ilodi Coetzee, Fannolene Pieters en Shamiorica van Heerden.


Altesaam 50 vroue in die gemeenskap is vir twee dae behoorlik in Louwville deur ’n groep vroue met die naam “We Care” bederf.

Volgens Lekaida Jordaan van We Care het die span diep in hul harte gekyk en die hand in eie sak gesteek om die twee dae vir die vroue ter viering van Vrouemaand spesiaal te maak.

“Ons het met die idee vorendag gekom om dit gratis te doen om hierdie vroue te wys party mense gee wel vir hulle om en wil vir hulle opstaan omdat hulle al so baie in die lewe deurgemaak het,” vertel sy.

Die vroue is Vrydag 12 Augustus gepamperlang en kon agteroorsit terwyl hul hare en voete versorg is.

Die vroue is Saterdag 13 Augustus ook met ’n heerlike ete bederf.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article