Die o.15 A-Boland-rolbalspan het die afgelope week goud by die Suid-Afrikaanse rolbal-kampioenskap in Bloemfontein verower. Jade Kruger van Lagoon-rolbalklub en skip van die span sê hulle het dit glad nie verwag nie. Die span het egter koning gekraai. Christiaan Stassen (Wellington-rolbalklub), Jaques Kayser (Porterville-rolbalklub), Archie Chambers (spanbestuurder), Jade Kruger (Weskus, Lagoon-rolbalklub) en Willem Louwrens (Bredasdorp-rolbalklub) staan trots met hul medaljes en trofee.


o.15’s rol hul balle net reg

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article