Die Sanlam-Boland-o.13-span by vanjaar se Cravenweek.

Deur SA Rugby is die 14 geaffillieerde rugbyunies se jeugspanne uit die nege provinsies, insluitend Namibië en Zimbabwe, na die Oos Kaap vir die Cravenweek. Dit het die afgelope Vrydag (4 Julie) by Selborne-kollege ten einde geloop.

Meer as 700 seuns het aan die jaarlikse byeenkoms deelgeneem en die Westelike Provinsie (WP) en die Sanlam-Boland-Akademie het mekaar die tweede agtereenvolgende jaar die stryd in die nie-amptelike eindstryd aangesê.

Die Sanlam-Boland–Akademie (of B-span) het WP B met 23-14 in die nie-amptelike Akademieweek-eindstryd geklop. Die WP-A-span het egter in die nie-amptelike eindstryd van die 2025-byeenkoms van die o.13-Cravenweek 21-7 met Sanlam-Boland afgereken. Dit was WP se negende keer dat hy die eindstryd wen. Dié span het in 13 van die laaste 14 o.13- Cravenweek-eindwedstryde gespeel.

• Ander wenners: o.16-meisies:

Sanlam-Boland 7-13 OP

.18-meisies:

Sanlam-Boland 12-19 Bulls

Grant Khomo-o.16:

Sanlam Boland 36-12 Grens

o.13-Akademie:

Sanlam-Boland 23-14 WP

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article