Verskeie polisiebeamptes in die Weskus-polisiedistrik is Vrydag 11 November by drie sentrale polisiekantore – Saldanha, Moorreesburg en Citrusdal – bevorder.
Die range is op drie seremonies by die onderskeie polisiekantore deur onder andere die bevelvoerder van die Weskusdistrik, genl.maj. Sizakhele William Dyantyi, aan al die trotse beamptes oorhandig. Name en range van individue in foto’s kon nie betyds voor druktyd bevestig word nie.




