Cindy Ranna, die nuwe interne ouditeur by die Bergrivier-munisipaliteit.


Cindy Ranna is die Bergrivier-munisipaliteit (BM) se nuwe interne ouditeur.

Sy is in Wellington gebore en het onlangs as ’n gesertifiseerde interne ouditeur gekwalifiseer, wat die wêreld se enigste erkende interne oudit-sertifisering is.

Ranna het rekeningkunde aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en haar graad in 2011 verwerf.

Sy het voorheen vir ses jaar by die Swartland-munisipaliteit in die interne ouditafdeling gewerk.

Sy is verlede jaar as die toppresteerder in die Wes-Kaap in die interne oudit-tegnikus-leerlingskapprogram aangewys.

Volgens die BM se kommunikasiekantoor is sy interne ouditafdeling verantwoordelik vir onder meer die evaluering van die doeltreffendheid van beheermaatreëls om te reageer op risiko’s met betrekking tot prestasies van die munisipaliteit se strategiese doelwitte, betroubaarheid en integriteit van finansiële inligting. Die doeltreffendheid van verskeie programme, die beveiliging van bates en die nakoming van wette, regulasies, beleide, prosedures en kontrakte is ook deel van die interne oudit-kantoor se verantwoordelikhede.

“Dankie aan die munisipaliteit vir die geleentheid. Ek beplan om ’n positiewe verskil hier te maak,” sê Ranna.

Wat vir Ranna uitstaan van die Bergrivier- munisipale gebied, is die “vriendelike en nederige mense”.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article