Die Saldanha-buurtwag is trots om hul nuwe bestuur aan te kondig:
LM Pilay is gekies as voorsitter met André Minnaar as ondervoorsitter. Minnaar behartig ook die inligtingstegnologie vir die buurtwag.
Tammi Lotz-Minnaar is sekretaresse en Albie Carstens tesourier.
Nick Olivier behartig werwing, George Coomer is in beheer van die beheerkamer en voorraadbestuur en Martin Slabber behartig projekte en openbare betrekkinge. Daniël Prinsloo is gekies as bykomende bestuurslid.





