Lede van die seegrenspolisie en die Laer­skool Panorama-leerders en -personeel.


Die gr. 4-klas van die Laerskool Panorama het Maandag (3 Februarie) ’n aangename verrassing gekry toe hulle hul klaskamer in ’n splinternuwe baadjie sien.

Danksy die barmhartigheid en samewerking van die seegrenspolisie het die klas ’n vars, opgeknapte voorkoms gekry.

Kol. Craig John Diedericks en sers. Marilize Swartbooi, saam met hul span, het die besluit geneem om die skool onder hul vlerk te neem en op verskeie maniere ondersteuning te bied.

As ’n eerste stap in hierdie inisiatief het hulle die gr. 4-klas se mure oorgeverf en die leeromgewing verhelder. Hierdie gebaar van sorg en gemeenskapsbetrokkenheid het diep aanklank gevind by hul juffrou, Afton-lee Booysen van der Westhuizen, en haar leerders, wat opreg dankbaar is vir die moeite en toewyding van die seegrenspolisie.

Die skoolhoof, Hylton Langley, sê hierdie projek dui op die begin van ’n langtermynverhouding tussen die skool en die seegrens­polisie “met die hoop dat verdere ondersteuning en same­wer­king tot voordeel van die leerders en die skoolgemeenskap sal wees.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article