HELDERBERG:

. ’n Geregtelike doodsondersoek is by die Somerset-Wes-polisie geopen nadat die lyk van ’n 88-jarige vrou, wat agter ’n woning in Uitgift-straat in Morningside begrawe is, die afgelope Saterdag (13 Januarie) ontdek is.

Die gruvonds is een van twee in die Helderberg en is vroeg Maandagoggend (15 Januarie) gevolg deur die lewelose liggaam van ’n middeljarige man wat in Strand gehang is, aangetref is. . ’n Waaghalsige pensioentrekker van Gordonsbaai, Billie du Preez, het nog ’n onvergeetlike ervaring op sy emmerskoplysie baasgeraak.

Dié hupse bejaarde het vandeesweek weer bewys ’n mens kan ten spyte van jou ouderdom steeds die wonder van kindwees koester en dat jy net so oud is soos jy voel, toe hy – gedryf deur adrenalien – ’n geloofsprong van ’n ander soort aangedurf het. Die geliefde oupagrootjie het Sondag (14 Januarie) ’n dag voor sy 90ste verjaardag vir die eerste keer valskerm gespring! – DistriksPos & Helderberg Gazette

BOLAND:
. Chris Kilowan, ’n advokaat in die Paarl, kon sy oë nie glo toe hy Saterdagaand (13 Januarie) na sy motor, wat buite sy werksplek geparkeer was, gestap en gesien het sy toga, jabot en kravat is skoonveld.

Hy het oudergewoonte sy motor in die parkeergebied ongesluit gelos, maar met sy kleredrag binne-in, en niks daarvan gedink nie, “want wie sal dan nou ’n toga wil steel”?

Hy het verduidelik dat hy weens die toenemende misdaad in die sakekern besluit het om sy motor oop te los sodat inbrekers kan sien daar is niks van waarde nie, eerder as om dit toe te sluit en hy dan vir ’n gebreekte ruit moet betaal.

Kilowan het nie ’n klagte by die polisie aangemeld nie en net gesê hy is nie “kwaad” daaroor nie, maar vind dit eerder interessant dat só iets gebeur het. . ’n Koreaanse burger is vandeesweek by die Hugenotetonnel in besit van 16 bedreigde skerpioene in hegtenis geneem.

’n Polisietaakmag het inligting oor dié onwettige bedrywigheid ontvang, die inligting opgevolg en die Koreaan vasgetrek en in hegtenis geneem.

Die bedreigde skerpioene is in sy besit gevind.

Paarl Post



BREEDERIVIER:
. Dit gaan goed met Gerrie Heyns, die bekende slangvanger van Montagu, wat onlangs ’n inbreker in sy huis betrap het.

“Ek het mos maar net ’n paar steke in my kop gehad; verder is ek 100%.”

Heyns het die oortreder Maandag 8 Januarie om 02:30 in die kamer waar hy slange aanhou, gewaar.

“Toe ek opmerk my kat reageer teenoor iets, het ek eers gedink dis weer my bure se kat wat in my huis is. Toe ek na daai kamer gaan en die lig aansit, het die man daar tussen houers probeer wegkruip.” . Die blinde Suid-Afrikaanse Paralimpiese swemmer en medaljewenner Hendri Herbst is die perfekte verpersoonliking van die gesegde “waar daar ’n wil is, is daar ’n weg”.

Hy het nie net in sport uitgeblink nie, maar ook die toppunt van akademiese sukses bereik toe hy op 15 Desember 2023 sy doktorsgraad (LLD) in handelsreg by die Universiteit Stellenbosch (US) se Desember-gradeplegtigheid verwerf het.- Standard & Breederivier Gazette

OVERBERG:
. Overstrand Municipality has offered a substantial reward for information that will lead to the arrest of the person or people responsible for starting the fire that raged between Stanford and Gansbaai.

This comes after a preliminary investigation report into the fire was released, stating that evidence suggests the fire had been started deliberately.

The fire broke out on 28 December approximately 300 m to the east of the R43 between Stanford and Gansbaai and destroyed more than 1 100 ha. Overstrand Municipality is offering a R15 000 reward for information leading to the arrest and successful prosecution of those responsible for starting the fire at Bella Vista. The investigation continues.. A section of the R43 between Stanford and Gansbaai will be closed from 16 to 23 January for contractors to pave the first section of the right-hand side of the road.

Overstrand Municipal Manager Dean O’Neill explained that the temporary closure applies to the section of the road from Stanford towards the Mathilda Street intersection in the direction of Gansbaai.

A detour route will be in place.- Hermanus Times

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article