Die twee leerders (links en in die middel) wat in ’n tref-en-trap-ongeluk op die R45, oftewel die Klapmuts/Simondium-pad, dood is, en Zhanolique Fischa (heel regs) wat weens ’n mediese toestand oorlede is.Foto: Belinda de Jager/ Facebook


SOMERSET WEST:

The police arrested two suspects for possession of abalone in two separate incidents in Somerset West on Sunday (26 November).

In the first incident members of the Flying Squad responded to a tip-off about a vehicle transporting illegal abalone on the N2 around 12:00 on Sunday. The vehicle, a silver Volkswagen Polo Vivo, was flagged down and searched and a total of 1 280 units of abalone were found inside the vehicle.

Later on the same day members of the Flying Squad swooped on another vehicle transporting illegal abalone from Grabouw. Police confiscated 5 706 units of abalone with an estimated value of R2,9 million. – DistriksPos & Helderberg Gazette

KLAPMUTS:

Klapmuts Primêre Skool het die afgelope paar dae ’n tragedie beleef toe drie van sy leerders in twee afsonderlike voorvalle oorlede is.

’n Noodlottige tref-en-trap-ongeluk het die afgelope Maandag (27 November) net voor 07:00 ’n broer en suster, wat op pad skool toe was, se lewe geëis, terwyl Zhanolique Fischer, ’n gr. 3-leerder, die afgelope Saterdagoggend (25 November) weens natuurlike oorsake dood is. – Paarl Post

FRANSCHHOEK:

Ontwrigtende werk sal vanjaar in Dutoitskloofpas tussen Rawsonville en die Paarl begin, met die meerderheid hiervan wat in die nuwe jaar sal begin.

Die doel van hierdie projek is om periodieke instandhouding uit te voer en is geskeduleer om in Augustus 2024 voltooi te wees. Tydens die werk sal ’n stop-en-ry-stelsel in plek wees. – Paarl Post

MALMESBURY:

Inwoners van die Swartland en gaste se opgewondenheid oor die amptelike opening van die De Zwartland Markt-geriefsentrum is Donderdag 23 November met hul eerste besoek met welkome winskopies, vriendelike personeel, ’n verskeidenheid winkels, vermaak en ’n inkopie-ervaring om na te wil terugkeer, begroet. – Swartland Gazette

BREEDERIVIER:

Hoogstraat in Worcester was Saterdag 25 November vir ’n hele ruk gesluit weens ’n bomdreigement by ’n bank. Selfs buur-geboue en besighede is ontruim uit vrees vir die omvang van die skade weens die bom sou dit ontplof. Die polisie het summier die bom- eenheid na die toneel laat kom en hulle het bevestig dis inderdaad ’n regte bom wat in die swart sakkie was. – Standard Breederivier Gazette

OVERBERG:

Die gemeenskap van Mount Pleasant, Hermanus, is in Junie 2018 geruk deur die grusame moord op Sophia van Wyk.

Wat dit nog meer skokkend gemaak het, was die feit dat ’n ma en haar dogter vir die 46-jarige vrou se moord in hegtenis geneem is.

Nou, ná meer as vyf jaar, is Anna Arendse en haar dogter Wilma Vermeulen aan die moord skuldig bevind. – Hermanus Times

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article