Ná aansienlike brandstofprys­stygings wat die land in Septem­ber getref het, kan Suid-Afrika­ners nog ’n groot styging in petrol- en dieselkoste in Oktober verwag.

Die middel van die maand se brandstofprysdata van die Sentrale Energiefonds (SEF) dui daarop dat petrolpryse op die eerste Woens­dag van volgende maand met ’n maksimum van R1,22 per liter gaan styg, en met dieselpryse wat nog meer van ’n sprong gaan vat tot R2,03 per liter.

Hierdie stygings is die gevolg van steeds toenemende internasionale oliepryse ná ’n vrywillige produksieverlaging van ongeveer 1,4 miljoen vate per dag deur die olieproduserende (OPEC+) -kartel wat in Junie begin het en na verwagting tot in 2024 sal voortduur.

Die styging in die koste van die swart goud het ’n nadelige uitwerking op plaaslike brandstofpryse gehad, wat tot dusver vandeesmaand tussen 90-97 sent per liter by die prysstrukture van petrol en R1,65-1,76 per liter tot diesel gevoeg het.

Boonop voorspel die voortgesette swakheid in die plaaslike geldeen­heid teenoor die Amerikaanse dollar gedurende die eerste twee weke van September niks goeds vir Oktober se brandstofprysvoor­spellings nie.

Die verwagte brandstofpryse in Suid-Afrika in Oktober is volgens die CEF soos volg:

. Petrol 93 – verhoging van R1,15 per liter

. Petrol 95 – verhoging van R1,22 per liter

. Diesel 0,05% – toename van R2,03 per liter

. Diesel 0,005% – toename van R1,93 per liter

. Hierdie is voorspellings en nie die amptelike veranderings nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article