Nege netbal-meisies van H.P. Williams Primêr in St. Helenabaai het Dinsdag 15 Maart in die Velddrif-sone by die Hoërskool Velddrif deelgeneem en Woensdag 6 April ook aan die dorpsproewe. Daarna is hulle in die Weskus-Suid-span opgeneem en het Dinsdag 12 April in Moorreesburg gespeel. Sewe van die meisies is deur na die volgende ronde, wat vandag (Donderdag 21 April) weer in Moorreesburg plaasvind. Op die foto staan: Agter: juffrou Bianca Afrika, Anzo Mlandu (o.11), Anthi Ntuto (o.12), juffrou Elsabé Botha en Delmonique van Wyk (o.12). Voor: Sisekelo Qwele (o.13), Adel de Klerk (o.12), Tayara Watson (o.11), Nhlahla Choli (o.12), Melissa Gaqisa (o.13) en Onika Xhelithole (o.11).


Netbalmeisies maak indruk

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article