Die Weskus-netbalfederasie het Saterdag 14 Oktober sy jaarlikse prysuitdeling by die Riviera Hotel in Velddrif gehou.
Die organisasie se nuwe bestuur vir die volgende twee jaar is by die geleentheid verkies. Die nuwe bestuur is Nadene Scherman (voorsitter), Suzette Visser, Hanchen Mouton, Antonet Laing, Inge Theron, Elserine Schutte, Aliche Schnetler, Micke Smit, en Mekayla Barnard.
Die prys vir die sportpersoonlikheid van die jaar het aan Madelein Horn (Citrusdal) gegaan, terwyl Mané Visser (Darling) as die sportvrou van die jaar aangewys is.
Die groep bedank ook die departement van kultuursake en sport vir sy bydrae asook die Weskus-netbalfederasie se eerste amptelike borg, TSU Protect (Edms) Bpk.




