Weslander het bewus geword van die moontlike diefstal en onregmatige straatverkope van die koerant op Donderdae. Weslander het slegs twee aangestelde straatverkopers, Tessa en Suzette, wat die koerant in Vredenburg verkoop. Hulle sal altyd geklee wees in ’n blou Weslander-frokkie soos op die foto gesien kan word. Indien enigiemand ander mense sien wat die Weslander op straat verkoop, rig ons ’n vriendelike versoek dat u ons onmiddellik in kennis sal stel deur ons te bel of ’n WhatsApp te stuur na 082 576 0453. Ons opregte waardering vir u samewerking in hierdie verband.


Net hulle mag koerant verkoop

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article