Deur narrespel en fisieke komedie vertel twee hansworse uit 2052 die storie van die grensposbewaarder Guppie. Hierdie vertoning kom na Die Koelkamers toe op Saterdag 28 Oktober om 11:00. Guppie woon in die Republiek van die Kapokboere­-vereniging, wat so gedoop is nadat ’n aardbewing ’n skeur rondom ’n stuk grond met 12 plase, twee opgaardamme en ’n kerk veroorsaak het. Guppie staar daagliks na die elektriese heining en wonder of daar lewe aan die ander kant is. Die jongspan gaan skaterlag, terwyl die onderliggende kommentaar volwassenes sal laat nadink. Kaartjies kos R140. Vir besprekings, besoek www.diekoelkamers.com.


Narrespel aan’t kom

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article