Só lyk die sakke dagga wat in die besit van twee Namibiese burgers op die N7 gevind is en die reissak waarin dit versteek was.Foto:


Twee Namibiese burgers, wat glo dagga deur die Weskus probeer smokkel het, is in die Vanrhynsdorp-omgewing deur die polisie in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, is die twee Namibiërs, wat in die rigting van Nuwerus gereis het, Saterdagaand (12 November) deur die polisie tydens patrolliediens op die N7 vasgetrek.

’n Groot hoeveelheid dagga is in die twee verdagtes se besit gevind. Hulle is in hegtenis geneem en het Maandag (14 November) in die plaaslike landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article