Pomario Privaatskool is trots op sy o.12-netbalspelers. Ná deelname aan verskeie toernooie het hulle die provinsiale kampioenskap gehaal. Hulle het Saterdag (25 Mei) in die provinsiale kampioenskap meegeding, waar hulle teen topskole uit verskeie distrikte in die Wes-Kaap te staan gekom het. Hulle het in al vier wedstryde van die toernooi met groot moed gespeel. Op die foto staan juffrou Donneigh Retief (afrigter), Anlo Esterhuizen, Anske Ferreira en Antru Esterhuizen. Agter: Cameron Williams, Zané Esterhuizen, Paula Oberholzer, Zanrie Ferreira en Cumé Mouton.


Na provinsiale kampioenskap

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article