Die Weskus Mall-span saam met die eienaar van McDonald’s, Gert Marais (links), André Truter, die burgemeester (tweede van regs) en Mohammed Carolus, die Halaal-inspekteur (derde van regs).Foto: Trish Goosen


Die Saldanhabaai- munisipale gebied het uiteindelik sy heel eerste McDonald’s-kitskosrestaurant gekry.

Dié nuwe onderneming het sy deur in die Weskus Mall in Vredenburg Donderdagoggend 17 November amptelik geopen.

Terwyl André Truter, die burgemeester van Saldanhabaai-munisipaliteit, die seremoniële lint geknip het om die restaurant amptelik oop te verklaar, het die eerste kliënte reeds in groot afwagting om die nuwe McDonald’s saamgedrom.

Voertuie het ook geduldig agter mekaar in ’n ry by die deurry-hulptoonbank gewag om van die eerste mense aan die Weskus te wees om hul wegneemetes hier te bestel.

Joanne Bester, die bemarkingsbestuurder van die Weskus Mall, het die eienaar van McDonald’s, Gert Marais, en sy span alle sukses met dié nuwe onderneming toegewens.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article