Danzel Andries (die organiseerder van die fees), Tewie Roos (besturende direkteur van Darling Brouery) en Marius Humphreys (kunstenaar-organiseerder).Foto: Verskaf


Darling het Saterdag sy eerste Jazz-fees aangebied en die geleentheid word as ’n groot sukses beskryf.

Die feesorganiseerder, Danzel Andries, sê dit was ’n lekker toevoeging tot die vermaak wat die dorp aanbied. “Darling het nog nooit so iets beleef nie en dit gaan beslis ’n gereelde instelling word,” vertel hy trots.

Die fees, wat by Darling Brouery aangebied is, het musiekliefhebbers van so ver as Ceres en Villiersdorp gelok, vertel Andries. “Dit was gewis iets vir almal terwyl oud en jonk die vermaak geniet het.”

Kunstenaars wat die skare vermaak het, het Jodi Jantjies, Don Vino, Nadine Blom, Heart Soul Band en Ladgens Tribute Band ingesluit.

Die naweek vol musiek in Darling is Sondag afgesluit met ’n Sip & Chill Sundays-sessie, wat die beste plattejoggies gelok het. “Dit is belangrik om altyd iets te hê om te doen – ledigheid is die duiwel se oorkussing,” spot hy oor Sondag se musiek.

“Ons bemarking van die geleenthede is vir mense 21 jaar en ouer, vir die eenvou­dige rede dat tussen jaar 18 en jaar 21 almal glo hulle kan alles slaan en breek. Teen 21 het mense al geleer daar is iemand anders wat harder slaan en dinge beter as jy kan breek,” sê Andries.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article