Om my te help het Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) pype ingesit as versperrings sodat vragmotors nie dreine stukkend ry nie. Wanneer dit dan reën verspoel my erf.
Dis nou die vierde jaar wat ek kla en hulle kom regmaak.
Dié keer het die SBM groot pype kom plant om vragmotors te keer om dreine stukkend te ry, en ek waardeer dit.
Die probleem is hulle het asbespype gebruik, wat heeltemal teen die asbes- regulasies van ons land is.
Toe ek hul gesondheidsbeampte vra om te kom kyk en toe te sien dat dit verwyder word, het hy uiteindelik gesê hy het ook met die arbeidsafdeling gepraat en hulle het ook gesê die pype soos hulle dit gebruik het, was reg en is daar om te gebruik.
Verder, wat my die meeste pla, is dat dit vir hom reg was dat SBM-werkers blootgestel is aan die asbes-gif.
Hulle het nie eens die nodige beskermende toerusting vir asbes gedra nie.
Ook as SBM die ou asbespype reg gestoor het volgens regulasies, sou die werkers nooit toegang tot die pype kon kry nie.
Pype wat vir ’n maksimum van drie maande gestoor mag word voordat dit weggeneem [word] Vissershok toe, moet in plastiek gedraai, genommer en gebaken wees sodat niemand daarby kan uitkom nie, asook tekens om mense te waarsku dat dit asbes is en giftig is.
SBM het menige asbesregulasie oortree en slegste van als is dat die werkers wat met die pype gewerk het van die stowwe ook op hul klere kon huis toe gevat het.
Die gesondheidsbeampte se don’t worry attitude is kommerwekkend.




