Rekenaartoerusting ter waarde van R73 000 is die afgelope naweek uit die Saldanhabaai-munisipaliteit se kantoorgeboue gesteel.
Kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Vredenburg-polisie, sê speurders van die Vredenburg-speurtak het Dinsdag 21 Junie inligting opgevolg waarna twee minderjariges, albei 16 jaar oud, die goedere wat hulle gesteel en weggesteek het, aan die speurders uitgewys.




