Da Silva sê benewens die ekstra koste van brandstof, R44 000 per maand in een sakekamerlid se geval, moet lone, tariewe en die operasionele onkostes van ’n onderneming steeds betaal word.

In antwoord op Nersa se besluit het Eskom gesê die kragvoorsiener is bewus van die druk wat die tarief op verbruikers sal plaas. Eskom het Vrydag (13 Januarie) gesê sy hoogste prioriteit is om beurtkrag te verminder. Eskom het Maandag aangekondig hy verwag 14 van sy kragopwekkingseenhede sal vandeesweek weer aanlyn gaan.

André de Villiers, voorsitter van Weskus Sakekamer, sê gemoedere onder sakelui is laag. De Villiers vertel hy weet van ondernemings wat R30 000 per maand moet uitgee om hul kragopwekkers aan die gang te hou.

“Ek dink nou is die tyd dat munisipaliteite hul staal moet wys. Dit gaan nie meer oor stemme of die verkiesing nie, ons praat hier van mense se lewe. Hoe sê jy vir ’n kind daar is nie kos nie?” vra hy.

De Villiers sê die Sakekamer het na die Saldanhabaai-munisipaliteit uitgereik om oor die kragkrisis te gesels. De Villiers sê egter die munisipaliteit se standpunt is om nie met individuele organisasies te praat nie, maar om liewer by een geleentheid met die hele gemeenskap te praat.

“Die enigste oplossing is om saam om ’n tafel te sit. Die tyd wat daar gesê word ‘ons werk daaraan, ons sal julle laat weet’, is verby. Vele sakelui voel die munisipaliteit het hulle in die steek gelaat.”

Hy sê die munisipaliteit moet daarna kyk om tariewe aan te pas of om vergunnings te maak wat ondernemings se elektrisiteitsrekeninge betref.

“Dit is die basiese beginsel van sake – vraag en aanbod en op die oomblik kry ons nie aanbod nie. Sakelui verstaan dit is ’n Eskom-probleem, maar die munisipaliteit moet meer doen.”

Ten spyte van die verandering van beurtkrag van fase ses tot fases vier en vyf, waarsku Eskom die situasie is onbestendig.

Die kragverskaffer sê ’n verandering in beurtkragfases kan op kort kennisgewing aangekondig word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article