Heinrich Ahlers is Sondag dood ná ’n botsing tussen sy motorfiets en die sleepwa van ’n vragmotor.


Die Weskuspad (R27) was Sondag (2 Julie) lank gesluit voor en ná die Weskusspenspadstal se ingang weens ’n botsing waarin ’n Kaapse motorfietsryer gesterf het.

Heinrich Ahlers (44) was die oggend omstreeks 10:00 in digte mis van Kaapstad op sy wit Honda CBR 1000 RR onderweg.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, het hy by die padstal se ingang van/na die R27 teen ’n vragmotor se sleepwa gebots. Die vragmotor was besig om in die pad te draai.

Die padstal is geleë naby die kruising van die Weskuspad en die Vredenburg-Hopefieldpad (R45).

Ahlers is op die toneel dood. Sy familie van die Kaap het sy liggaam Dinsdag kom uitken.

Geen verdere besonderhede is bekendgemaak nie, behalwe dat die polisie ’n klag van strafbare manslag ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article