Die Desert Wolves-motorfietsklub hou die jaar weer ’n groot saamtrek in Saldanha.
In 2022 het 2 000 mense bymekaar gekom ter ondersteuning van die geleentheid. Die saamtrek vind van Vrydag 25 tot Sondag 27 Augustus by die Saldanha-oord plaas en is ’n geleentheid waar motorliefhebbers van oor Suid-Afrika heen byeenkom.
Volgens Lance Paulse, ’n lid van die motorfietsklub, help die naweek ook met die dorp se ekonomie, om toerisme ’n hupstoot te gee en om verskeie organisasies te ondersteun.
Daar is ’n verwagting dat tussen 2 000 en 2 500 mense die naweek sal bywoon.
Mense kan uitsien na musiek, samesyn, heerlike kos, massaritte deur die dorp se strate, ’n motorfietsskou en soveel meer.
Daar sal ook kontantpryse wees en gelukstrekkings.
Toegang kos R260 en R300 by die hek. Vir meer inligting kontak Tyrone by 083 457 5787 of Nathan by 071 491 0264.




