Die onlangse verkiesing het weer bewys dat politieke partye slegs lippediens aan mense lewer. Die hope verkiesingsbeloftes het niks opgelewer nie. Derhalwe moet mense leer om nie op politieke leiers staat te maak nie.
Suid-Afrika kan slegs ’n welvaartstaat word deur harde werk, finansiële geletterdheid en opvoedkundige programme. Die toekoms van die jeug hang aan skerwe met die duisende skoolkinders wat die skool sonder matriek verlaat.
Mense moet elke dag tot ons Almagtige God bid vir krag, nederigheid en positiewe energie.



