Sowat 200 motorfietse en vierwielmotorfietse het weer Hoërskool Hopefield se Funduro aangedurf.
Die Funduro het Saterdag 26 Mei vir die negende agtereenvolgende jaar op Enkelvlei en omliggende plase plaasgevind. Volgens die skoolbestuur het die weer mooi saamgespeel en was dit modderig en sonnig, wat natuurlik vir hope opwinding en pret gesorg het.
Vanjaar is ’n 4×4-roete vir die eerste keer by die Funduro ingesluit.
Die hoofborg van die dag was SPH Kundalila en die hooforganiseerder Ryan Steinmann.
Saam met die ander borge, die beheerliggaam en toegewyde ouers, het Hoërskool Hopefield weer van hierdie geleentheid ’n groot sukses gemaak. Die Funduro is ’n geldinsamelingsprojek vir Hoërskool Hopefield en vanjaar se insameling is ten bate van die skool se koshuise.




