Wie gaan vanjaar die eerste kroon dra by Mnr. en Mej. Inspiration in Langebaan?


Die heel eerste Mnr. en Mej. Inspiration-kompetisie word hierdie jaar aangebied.

Die geleentheid vind op Vrydag 28 April by die Seebries-saal in Langebaan plaas. Hierdie geleentheid is die inisiatief van Natasha Jantjies, ’n inwoner van Langebaan en die stigter van Inspiration, ’n organisasie sonder winsbejag.

Jantjies sê Inspiration fokus daarop om jongmense op te bou. Sy glo Mnr. en Mej. Inspiration sal die jongelinge goed doen en hulle die kans gee om hul selfvertroue op te bou.

Die kompetisie bestaan uit drie ouderdomsgroepe: 12 tot 16 jaar, 19 tot 29 jaar en 30 jaar en ouer.

Gaste kan uitsien na ’n aand van glans en talent. Daar sal optredes wees deur die danser Peter-John Reid, The Move Makers, Future Kings en ander. Maak seker jy loop dit nie mis nie.

Deure maak om 18:00 oop. Kaartjies kos R50 vir volwassenes en R24 vir kinders. Vir meer inligting, kontak Jantjies by 076 582 5959.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article