Plase in die Weskus het die afgelope week onder misdadige optredes deurgeloop.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder van die Weskus-distrik, is 124 liter diesel en verskeie werktuie ter waarde van R17 548 op ’n plaas by Lambertsbaai gesteel, en in dieselfde omgewing op ’n ander plaas is goedere, gasstowe, bottels drank, vleis en kruideniersware ter waarde van R1 800 gesteel.

Op ’n plaas by Klawer is R500 se tamaties gesteel en by Riebeek-Wes is 35 m koperkabels op ’n plaas en dakplate op ’n ander plaas gesteel.

Die afgelope twee maande is ’n ooi en vyf lammertjies sowel as bokke en skape van ’n plaas in Vanrhynsdorp gesteel.

Misdadigheid onder plaaswerkers het ook die afgelope week, volgens Helfrich, opgevlam met ’n 24-jarige plaaswerker wat in Porterville in hegtenis geneem is nadat hy sy meisie gewurg en geslaan het.

In nog ’n voorval is ’n 27-jarige plaaswerker in hegtenis geneem weens dronkbestuur en ’n 49-jarige plaaswerker van Eendekuil weens die besit van ’n gevaarlike wapen in hegtenis geneem nadat ’n mes van 15 cm by hom gekry is.

In Lutzville is ’n 23-jarige plaaswerker in hegtenis geneem met tamaties wat hy op ’n plaas in Koekenaap gesteel het.

Op 6 Junie is 32 verbode immigrante in Clanwilliam ingevolge die Immigrasiewet aangekeer, en ’n 32-jarige plaaswerker, ’n Zimbabwiër, is weens dronkbestuur aangekeer, en ook omdat hy nie ’n geldige paspoort het nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article