Verlede week se gesamentlike Weskusstreek-padblokkade het goeie suksesse opgelewer.

Die Darling-polisie was die gasheer van Donderdag 4 en Vrydag 5 Augustus se streek-padblokkade by die Yzerfontein- en Darling-oorgang op die R27 (Weskuspad).

Die rolspelers wat aan die padblokkade deelgeneem het, was onder andere die provinsiale verkeersdiens, die polisie, visinspekteurs van die departement van omgewing, bosbou en visserye, munisipale wetstoepassingsbeamptes en verskeie buurtwagte in die omgewing.

’n Paar onwettige immigrante is gedurende die padblokkade voorgekeer, sowel as verdagtes wat in verband met sake soos bedrog gesoek is.

Die polisie het ook dwelms soos tik, dagga, Mandrax en heroïen in sommige voertuie gekry en die verdagtes is dienooreenkomstig in hegtenis geneem.

Heelwat boetes is uitgeskryf.

“Dit was ’n plesier en ’n groot voorreg om saam met die verskillende gebiede se buurtwagte te werk,” het sers. Johnatan Filander, ’n woordvoerder van die Darling-polisie, gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article