Die minister van gemeenskapsveiligheid, Anroux Marais (middel), saam met lede van die Redelinghuys-plaaswag en polisiebeamptes by die Redelinghuys-polisiekantoor.


Op 24 Februarie het die waarnemende Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid Anroux Marais die nasionale plaaswag (RNFW) se kamerakontrole­kamer by die Redelinghuys-polisiekantoor besoek.

Tydens dié besoek het sy meer oor die RNFW se kringtelevisie- en nommerplaat­herkenningstelsel geleer wat uit hierdie kontrolekamer beheer en gemonitor word en hoe dit grootliks bydra tot suksesvolle misdaadbekamping en -voorkoming in die gebied.

Die RNFW en polisie is tevrede met die gesprekke wat met die minister gevoer is en die uitkoms van die vergadering.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article