Die Wes-Kaapse regering waarsku dat min skerpioen-teengif beskikbaar is.
Leensie Lötter, ‘n woordvoer-
der vir die provinsiale departement van gesondheid, maan mense om bykomende voorsorg te tref om nie deur ‘n skerpioen gesteek te word nie.
“Die giftigste skerpioen in Suid-Afrika is die parabuthus-spesie (dikstert), wat oor die hele Wes-Kaap voorkom. Dit verskil in kleur en ‘n uitstaande kenmerk is dat die stert, in vergelyking met die knypers, baie dik en robuust is.”
Lötter vra dat mense op die uitkyk vir skerpioene moet wees, hul skoene moet uitskud en ná sonsonder skoene dra.





