Van die Weskus, vir die Weskus.

Dit was die afgelope paar weke in beriggewing oor verskeie geleenthede wat in die streek aangebied is opvallend om te sien hoe die Weskus stelselmatig terugkeer na sy wortels in eie reg, en hoe sy mense nie net weer begin eienaarskap vat van die dorpe nie, maar ook met empatie teenoor hul medemens leef. Hetsy die oprigting van ’n vissersgedenkmuur (bl. 10); ouers wat ’n organisasie sonder winsbejag stig vir hul babadogtertjie wat teen ’n longsiekte baklei (bl. 3) met die oog daarop om nie net hul eie kind te help nie, maar so ook ander ouers en kinders in dieselfde posisie; plaaslike feeste so eie aan die Weskus wat geld in ons eie gemeenskappe en ekonomie terugploeg; herstelwerk aan staatsentiteite deur private skenkers omdat dit die estetika van die dorp help bevorder, sakekamers en netwerkgeleenthede vir die private sektor met die doel om plaaslike sakeondernemings te help bou en groei.

Soos Weslander se nuwe uitgewer, Stefan Kolver, dit vandeesweek in die berig oor sy skuif na Weskus Media so mooi stel: “Vir my sal die Weskus en sy mense altyd ’n beson­derse plek wees, met sy unieke karakter en spesiale mense.” Daar was nog altyd ’n beko­ring aan die Weskus en buiten die onge­rep­te natuurprag dra die mense grootliks hiertoe by.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article