Gee die Suid-Afrikaanse gunsteling ’n moderne draai met Mari-Louis se melktert-poffertjies.

Bestanddele625 ml melkgerasperde skil van 1 groot- of 2 medium lemoene40 g koekmeel30 ml mielieblom30 ml vlapoeierknippie sout4 eiers100 g suiker40 g botter20 ml vanieljegeursel150 g beskuitjiekrummels3 eierwitte liggies geklitsplantaardige olie vir diepbraai100 g strooisuiker15 ml fyn kaneelMetode

Meng en verhit die melk en gerasperde lemoenskil in ’n kastrol oor matige hitte sodat die lemoen­geur kan intrek, maar dit moenie kook nie. Verwyder van die hitte, giet deur ’n sif en laat effens afkoel.

Sif die meel, mielieblom, vlapoeier en sout saam in ’n mengbak.

Klits die eiers en suiker saam. Hou aan klits en giet die melk in ’n egalige straaltjie by die eiermengsel. Voeg dit by die meelmengsel en roer tot gemeng.

Giet die mengsel terug in die kastrol en plaas oor matige hitte. Voeg die botter by en roer vir ongeveer twee minute tot ’n dik vla vorm.

Verwyder van die hitte en roer die vanieljegeursel in. Giet in ’n diep mengbak en plaas in die yskas om af te koel en verdik.

Druk jou hande in meel en skep dan ’n groot eetlepel vla op ’n slag in jou hande. Vorm in onafgewerkte balletjies, rol hulle in die beskuitjiekrummels en plaas op bakpapier. (Moenie jou te veel bekommer oor die vorm nie, jy kan hulle later regdruk.) Plaas vir nog 30 minute in die yskas. Behou die beskuitjiekrummels.

Rol elke balletjie in die eierwit, en dan weer in die beskuitjiekrummels. Plaas in die yskas vir een uur.

Verhit die olie in ’n diep kastrol of diepbraaier. Gebruik ’n gleuflepel en laat sak die balletjies versigtig in die warm olie. Braai vir twee tot drie minute tot effens bruin. Plaas op kombuispapier om die oortollige olie te absorbeer.

Meng die strooisuiker en kaneel saam. Rol die balletjies in die kaneel­suiker terwyl hulle nog warm is.

Die balletjies is heerlik koud, maar ons verkies om hulle nog warm voor te sit.– Mari-Louis/kyknet.dstv.comMelktertdag word sedert 2012 jaarliks op 27 Februarie gevier nadat die Weg-redaksiespan een namiddag die ontdekking gemaak het dat die Suid-Afrikaanse gunsteling die perfekte namiddag-hapie is om die lomerigheid wat laatmiddag in die kantoor jou bekruip teen te veg.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article