Noluvu Ludidi
Lizz Meiring is geen vreemde- ling aan die Weskus nie en het die afgelope Sondag (8 Junie) nog ‘n sprankelende optrede by die Hoedjiesbaai-hotel in Saldanha aangebied.
Met haar vertoning Kamers, konserte en kleedkamerstories het Meiring meer oor die lewe van ‘n aktrise gedeel – van die woelinge en waansin, chaos en kreatiwi- teit, beroemdes en berugtes, die vreugdes en vertwyfelings en vele meer. Sy het ook vertel oor die ver paaie se reis – plaaslik en internasionaal – die vreemde kleedkamers, verhoë, film- en TV-stelle en natuurlik die soms vreemde gedrag van gehore.
Dolfie de Bruin, die bestuurder van die Hoedjiesbaai-hotel, sê gaste het baie daarna uitgesien om Meiring te ontmoet.
“Sy was plat op die aarde, baie snaaks en het lekker interaksie met die gehoor gehad. Lizz is iemand wat ek al lankal wou nooi en ek is persoonlik baie mal oor haar. Sy is fantasties met vermaak. Dit was ‘n voorreg om net nog een landwye bekende persoon in Hoedjiesbaai aan te bied.”
Gaste het ook ‘n heerlike driegangmaaltyd en samesyn geniet. Meiring het ook produkte aan die einde van die vertoning verkoop om geld vir Saldanha Animal Care in te samel.









