Vandeesweek was die laaste kort week vir ’n wyle nadat Werkersdag (1 Mei) herdenk is. Vryheidsdag en Paasfees is die afgelope maand gevier.
Suid-Afrika is een van die lande met die meeste openbare vakansiedae, en dit spreek van die land se ryk geskiedenis. Maar weet ons regtig waarom ons vir ’n dag of twee nie skool toe hoef te gaan nie?
Deesdae bly winkels op openbare vakansiedae oop en ’n vakansiedag soos Vrouedag (9 Augustus) word net ’n verskoning om vir mamma en ouma blomme en tjoklits te koop.
Daar is egter ’n belangrike geskiedenis agter dae soos Werkersdag, waarvan die oorsprong kom van die versoek vir beter werksomstandighede vir veral swart werkers onder Apartheid. En hoewel Apartheid iets van die verlede moet wees, weet almal van iemand wat swak deur ’n bestuurder, maatskappy of kollega behandel word. Die werk wat gedoen is en tot die herdenking van Suid-Afrika se talle openbare vakansiedae gelei het, is daarom nie verby nie.
Tot elke werksoeker ’n pos kry of ’n onderneming kan begin, werkers vir hul familie kan sorg, of elkeen wat deur werksmense afgeknou word nie van dié ongelukkigheid hoef te verduur nie, sal bewusmaking oor dae soos Werkersdag herdenk moet word, maar werk sal gewis gedoen word om ware verandering te bring.

