Karlo Marais, ‘n gr. 2-leerder van Longacres Private Skool en ‘n aktiewe lid van die Langebaan-strandlopers, het voorverlede naweek in Oudtshoorn op die nasionale tweekamp-kampioenskap ‘n eerste plek in die 400 m-hardloop en 50 m-swem behaal. Dit is ‘n besonder groot prestasie vir dié jong sportman.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article