Die Vrydagaand se steakaand in die biertent is al ’n instelling by die jaarlikse Hopefield-fynbosfees.

Vrydagaand 26 Augustus word daar heerlik biefstuk gebraai en vanjaar vermaak Die Manne van Stellenbosch die gaste.

Hulle maak ’n wye verskeidenheid op en wakker musiek – bring dus dansskoene saam.

Dit kos R140 per persoon en begin om 18:30 vir 19:00. Geen hekgeld word ná 17:00 gehef nie.

Saam met ’n sappige 300 g-biefstuk word tjips, sampioenroomsous, ’n knoffelbroodrolletjie en spinasie en pampoen voorgesit.

Bespreek vooraf by Arell by 083 735 3632.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article