Die Langebaan Stars-gimnastiekklub en Langebaan-jukskeiklub hou Vrydag 29 September ’n mandjiedans in die Langebaan-gemeenskapsaal.
Die doel van die geleentheid is om geld in te samel vir die twee klubs wat aan die Jukskei-meesters in Kroonstad gaan deelneem en Langebaan Stars se gimnaste wat in Gauteng gaan deelneem.
Kaartjies kos R100 per paartjie. Bring jou eie eet- en drinkgoed saam.
Bel Madelein van der Merwe by 082 811 8118 of Jaco Basson by 079 167 9646 vir inligting en om kaartjies te koop.



