Kartondose vol antibiotika soos AMPI 500 en Amoxy en verskeie soorte rome vir ekseem is deel van die vrag wat Donderdag 9 November by die Klawer-weegbrug by ’n burger van Zimbabwe afgeneem is. Foto: SAPD


’n Burger van Zimbabwe is Donderdag 9 November by die Klawer-weegbrug in hegtenis geneem nadat medisyne en velprodukte in die voertuig waarmee hy gery het, gekry is.

Volgens kapt. Tania Helfrich staan Ben Muchemwa (42) tereg op ’n aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Sy voertuig is deursoek, waarop die polisie op 117 kartondose met velprodukte en antibiotika, ses sakke klere en twee dromme alkohol afgekom het. Hy het Maandag (13 November) in die Klawer-landdroshof verskyn en die saakdossier word deur die eenheid teen georganiseerde misdaad ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article