Kapers het ’n motoris in ’n stilstaande motor vroeg Dinsdagoggend (6 Februarie) deur ’n oop ruit bewusteloos geslaan en met die motor gevlug.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder, het die slagoffer bygekom op die plek waar hy in Hopland in sy wit Hyundai Getz gekaap is.

Die motor was skoonveld.

Die polisie het die motor omstreeks 08:00 in Talmakkies­straat, Diazville, teruggevind. Die motorradio is gesteel, maar die voertuigsleutels is op een van die voorste sitplekke gelos.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval word gevra om speursers. Nhlekanipho Gumbi by 067 106 9956 te bel.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article