Die vuurwapen en ammunisie waarop die polisie beslag gelê het


Donovan Gerald Lombard van Louwville Vredenburg, is enkele dae ná sy 43ste verjaardag vir die onwettige besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, is inligting deur die polisie opgevolg en is die wapen en ammunisie daarna in Lombard se besit gevind.

Lombard het gister (Woensdag 23 Februarie) in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article