’n Swanger vrou en kleuter is ná ’n botsing dood agter in hierdie motor aangetref.


’n Swanger vrou (32) en haar kleuterseuntjie (2) is in September verlede jaar onder “bedenklike omstandighede” op die Weskuspad dood.

Die oorlede vrou se man het op 18 en 23 Januarie in die plaaslike hof verskyn op aanklagte van strafbare manslag.

Daar is steeds baie vrae oor die omstandighede wat tot die beweerde “ongeluk” gelei het, wat die polisie tans verder ondersoek.

Weslander het destyds berig oor dié botsing wat op 8 September 2022 om 15:00 op die R27 naby die Saldanha-afrit plaasgevind het (“Swanger vrou en kleuter dood ná botsing”, 15 September 2022).

Die vrou en die kleuter is dood agter in die motor aangetref nadat die voertuig ’n staal-padversperring langs die pad getref het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, het die bestuurder van die motor, Lambert Kalutha (38) aan die polisie vertel dat hy beheer oor die voertuig verloor het terwyl hy, sy broer, sy hoogswanger vrou en kleuterseuntjie op die R27 gery het. Kalutha en sy broer, wat voor in die motor gesit het, is net lig in die botsing beseer.

Kalutha is ’n Angolese burger wat in Parklands, Kaapstad, woon.

Die datum vir sy volgende hofverskyning was nie teen druktyd bekend nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article