’n Jong man (18) is Dinsdag deur die polisie se spesiale ondersoekeenheid, die Valke, in hegtenis geneem met betrekking tot die moord op die Vredenburgse landdros, Romay van Rooyen (50).

Van Rooyen is vroeër vandeesmaand dood in haar huis in Muizenberg aangetref. Haar voertuig was ook glo tydens die aanval gesteel en is later in Mitchells Plain teruggekry.

Romay se broer, Taswell van Rooyen het verlede week aan Weslander gesê sy suster het die afgelope jaar as landdros by die Vredenburg-hof gewerk en was van plan om na die Weskus te verhuis. Gedurende die week het sy in Langebaan gebly en op weeksdae na haar werksplek in Vredenburg gependel.

Oor naweke het sy na haar huis in Muizenberg teruggekeer.

Volgens ’n verklaring van Katlego Mogale, die Valke se woordvoerder, is die jong verdagte Dinsdag by sy huis in Mitchells Plain in hegtenis geneem.

Ná verwagting sou hy vandag (Donderdag) in die Muizenberg-landdroshof verskyn.

Volgens Taswell het Romay ’n blywende indruk op haar kollegas by die Vredenburg-landdroshof gemaak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article