Die polisie in Hopefield was bedrywig oor die naweek, met ’n groot klomp dagga wat uit omloop verwyder is.

’n Besorgde lid van die gemeenskap het Maandag 8 Mei die Hopefield-polisie se aandag daarop gevestig dat ’n 41-jarige man van dié dorp vermoedelik dagga vanuit sy huis in Rooikransstraat verkoop.

Die polisie het hom by die huis in hegtenis geneem nadat hulle op kontant en ’n groot hoeveelheid dagga, verpak in strootjies en klein en groot plastieksakkies, afgekom het.

Die man is in hegtenis geneem en sal op Vrydag 23 Junie sy eerste verskyning in die Hopefield-landdroshof maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article