Hamlets het in hul groepwedstryd teen Vredenburg vasgeval, maar steeds vir die uitspeelronde gekwalifiseer. Foto: David Rossouw


Dit was Saterdag só naby – maar tog ook so ver – vir Mamre se 7’s-rugbyspan, wat aan die Wesbank-7’s-toernooi deelgeneem het.

Die Malmesbury-span het verskeie spanne na hul tuisveld verwelkom met onder meer Hopefield, Hamlets en Vredenburg wat meegeding het om as die kampioene gekroon te word.

Dit was egter Mamre en St. Georges wat op die ou einde mekaar die stryd aangesê het.

Mamre het hul laaste twee toernooie, die OK Mamre-7’s-toernooi en die soortgelyke toernooi in Moorreesburg, gewen, en ’n derde was binne bereik toe die span van Kenny Stadler in die eindronde 7-12 teen die verdedigende kampioen, St. Georges, vasgeval het.

Mamre het moedig probeer, nooit opgegee nie en St. Georges tot die uiterste beproef.

Die verdedigende kampioen, wat laat verlede jaar in die Mamre OK-toernooi teen die gasheer vasgeval het, het egter wraak geneem en gewys hoekom dié toernooi sy gunsteling is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article