Die bekende muskiekman Johan Stemmet is deesdae ’n Langebaner. Hy deel graag hierdie gunsteling-gesinsresep vir suikermielietert.
Bestanddele
60 ml meel
60 ml suiker
2 blikkies geroomde suikermielies
15 ml bakpoeier
4 eiers geklits
60 ml gesmelte botter
Metode
Voorverhit oond tot 180 °C.
Smeer ’n oondvaste bak.
Meng al die bestanddele goed saam.
Giet in die voorbereide bak en bak vir 45 minute tot 1 uur tot gaar.
Sny in blokke en dien warm of koud op.





