Benodigdhede: Tou (wol of lint), 8 roerstokkies (sosatie-stokkies), gomgeweer en plastiek-deksel.


Die kunstenaar Anneli Nieman van St. Helenabaai deel ’n maklike Kersboom-doen-dit-self-projek vir dié wat hierdie feestyd kunstig wil wees.

Nuttige wenke:

• Blaas met ’n warm haardroër die drade van die gomgeweer weg.

• Stokkies kan vooraf geverf word, indien verkies.

• Versier jou Kerstafel met verskillende groottes en kleure met hierdie maklike en goedkoop tafel kersboompies.

Benodigdhede: Tou (wol of lint), 8 roerstokkies (sosatie-stokkies), gomgeweer en plastiek-deksel.

Plak die stokkies aan die deksel vas.

Plak die tou in die rondte aan die stokkies.

Draai die tou om tot heel bo.

Versier jou boompie volgens jou voorkeur. Indien verkies, sny ’n gat in die deksel en sit Kersliggies in die “boompie”.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article