Jong brandplankryers woon een van Extreme Abilities se lesse by.

Dit is belangrik om altyd veiligheid jou voorkeur te maak wanneer jy – of enig- een in jou groep – die water aandurf; of dit nou by die see, ‘n rivier of ‘n dam is.

Hier is twee instansies se wenke om jou en jou groep se veiligheid te verseker.

Albert Millard, van die organisasie Extreme Abilities, deel raad oor swem en die see; terwyl die Saldanhabaai-munisipaliteit, in samewerking met die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), noodsaaklike riglyne bied.

Albert se wenke vir swemmers:

• Die beste voorsorgmaatreël is om te leer swem en die see te leer ken.

• Swem by beheerde gebiede. Swem altyd tussen die vlae waar menseredders aan diens is. As jy nie kan swem nie, is dit te gevaarlik om die water in te gaan.

• Beoordeel die omstandighede. Kyk na die see voordat jy ingaan. Moenie swem as die water baie rof is nie.

• Hanteer ‘n sleurstroom – bly kalm en moenie teen die stroom probeer swem nie. Moenie probeer uitswem waar jy ingekom het nie. Swem eerder sywaarts na die golwe se kant toe totdat jy uit die stroom is.

• Onthou, moenie paniekerig raak nie.

• Ken jou perke. Die see word gevaarlik wanneer jy moeg raak. Die koue Atlantiese Oseaan se water vererger die situasie; vermy dus oopseeswem sonder ‘n duikpak.

Die ​NSRI se veiligheidsriglyne fokus ook op voorkomende maatreëls, veral met betrekking tot toesig en toerusting:

• Vermy alkohol – moet nooit gaan swem of ‘n boot ry nadat jy alkohol gedrink het nie. Alkohol benadeel balans, koördinering en konsentrasie, veral as jy kinders dophou.

• Kindertoesig – hou kinders fyn dop wanneer hulle naby water is. Verdrinking gebeur stil en vinnig, nie dramaties soos in rolprente nie.

• Dra ‘n reddingsbaadjie – selfs sterk swemmers kan moeg word en deur koue of rowwe water oorweldig word. Dra dus altyd ‘n gepaste reddingsbaadjie as jy op die water is.

• Gebruik SafeTRX – laai die NSRI se

gratis SafeTRX-toepassing af om jou koers op die water te volg en jou noodkontakte te waarsku as jy nie betyds terugkeer nie.

• Oorlewingsvaardighede – leer oorle- wingswem (om te dryf en jou te oriënteer) en basiese KPR (100-120 kompres- sies per minuut) om lewens te kan red

• Veilige bootvaarte – maak altyd die noodafsluiterkoord aan die bestuurder vas om te verseker die enjin afsluit as die bestuurder oorboord val.

• Noodnommer – skakel onmiddellik die NSRI-stasie 4 (Club Mykonos, Langebaan) by 082 990 5966 in ‘n noodgeval.

• Besoek nsri.org.za vir bykomende bronne en nog inligting oor die NSRI en veiligheid op en langs die see.

• Besoek extremeabilities.co.za vir nog inligting oor Extreme Abilities en gratis swemklasse om te leer swem.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article