Nicoleen Loubser (middel) is verlede Woensdag (10 September) op ‘n spoggeleentheid as skoolhoof van die Laerskool Vredenburg ingehuldig. Die ervare Loubser het nou – ná amper drie jaar as waarnemende skoolhoof by die Laerskool Vredenburg – die leisels as die nuwe skoolhoof amptelik oorgeneem. André Truter, die burgemeester van die Saldanhabaai-munisipaliteit, en Sheena Truter (regs) was teenwoordig om Loubser geluk en voorspoed toe te wens.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article