Abiola Constant, ‘n
balletdanser van die
Vredenburg-dansskool, sal in November haar
“International Intermediate Foundation Royal Academy Dance (RAD)”-eksamen voltooi, en hiervoor het sy toonskoene nodig gehad.
Abiola het haar 22 jaar oue toonskoene danksy Ballet World, wat haar splinternuwe toonskoene geborg het, Sondag 2 Maart vir die nuwes verruil.
Abiola het haar internasionale sertifikaat op Vrydag 14 Maart in haar nuwe dansskoene gekry en haar gr. 5-RAD-eksamen met lof geslaag.
Dina Fourie, die hoof van die Vredenburg-dansskool, sê Abiola werk verskriklik hard. “Haar oupa bring haar winter en somer met die motorfiets van Louwville af vir haar klasse en sy is nooit laat nie. Hierdie leerder is my inspirasie.”





